Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Begraafplaas, Mamre" deur DANIEL HUGO
"Begraafplaas, Mamre" deur DANIEL HUGO [boodskap #23011] Tue, 18 May 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
BEGRAAFPLAAS, MAMRE
Daniel Hugo

1
party met 'n kopsteen soos 'n gewel
rus die broeders en die susters hier:
kompleet Mikro-huisies teen die heuwel

11
in die teenwoordigheid van die dood
glo ons graag in die Hierna:
dat daar 'n oortog sal wees
op 'n drywende kruis of 'n kano

maar geloof alleen
is dalk nie genoeg nie
daarom plaas ek 'n muntstuk
op die gehawendste grafsteen

as 'n aalmoes of obool
vir die onsalige siel
wat nog duskant ronddool
Vorige onderwerp: "Herfs, Oudtshoorn" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "villanelle vir die oos-vrystaat" deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 21:05:06 UTC 2024